Wat is die geheim?
"Slim*Snaps" is 'n innoverende aanbieding spesiaal ontwerp vir:
​
​
​
​
​
​
​
​
​​
​
* Korporatiewe Motivering
* Spanbou
* Leiervergaderings
* Opleiding in Bemarkingstrategie
* Kommunikasie in die Werksplek
* Visuele kuns vir Webwerf-ontwerp
* Skole Fotografieklubs
* en, Gevorderde fotografie vir Eiendomsagente
"Slim*Snaps" is, eenvoudig gestel, 'n unieke klas in selfoonfotografie, gekoppel met ʼn motiveringspraatjie vir jou besigheid.
Ons wil graag ons hartlike dank uitspreek aan Pierre Vee Photography vir die aanbied van 'n ongelooflike fotografie-werkswinkel vir ons agente en ander professionele persone in die industrie. Jou insigte en kundigheid om ons te leer hoe om pragtige foto's met ons selfone te neem, was werklik van onskatbare waarde! Ons agente, saam met agente van ander maatskappye, het die werkswinkel terdeë geniet. Die praktiese wenke en tegnieke wat jy gedeel het, sal die kwaliteit van foto's, wat ons nou kan neem, aansienlik verbeter en ons eiendomslys selfs meer aantreklik en professioneel maak. Jou entoesiasme en toewyding om ons te help om ons vaardighede te verbeter, was duidelik sigbaar deur die sessie, en ons kan jou nie genoeg bedank vir jou tyd en moeite nie. Die terugvoer van al die deelnemers was oorweldigend positief, en ons is opgewonde om dit wat ons geleer het daagliks toe te pas. Weereens dankie vir u vrygewigheid en dat u so 'n positiewe impak op die agente gemaak het. Ons sien uit na toekomstige werkswinkels en voortgesette samewerking!
Hoekom selfoonfotografie?
Druk 'n mens nie maar net die knoppie om 'n foto te neem nie?
​
"Slim*Snaps" sal jou mond laat oophang!
Verbeter jou foto’s ʼn honderdmaal oor – besonders genoeg om op jou webtuiste te kan gebruik!
Instede van 'n volgende golf- of pretdag, bespreek hierdie werkswinkel vir jou span! Anders as die meeste korporatiewe geleenthede is hierdie klas gelaai met pret, maklik genoeg vir oud en jonk - van die CEO tot elke liewe personeellid - enigiemand wat 'n selfoon by hom het, kan deelneem!
Met aangename verrasings, deurlopende spanbou, kompetisies en fantastiese pryse te wen, gaan elke persoon in jou maatskappy verander in ʼn kunssinnige selfoon-'boffin'!
​
RealPay
Namens die hele span, baie dankie aan G.P. en Pierre vir julle suksesvolle en lekker sessie saam met RealPay by ons Kick-Off.
Die terugvoer was slegs positief en ons is dankbaar vir julle wat 'n gewoonlik vervelige sessie in 'n insiggewende vertoning kon verander waarin almal kon deelneem.
Een van die beste RealPay konferensies nog!
Groot waardering.
Die twee aanbieders is ook neefs: Pierre & G.P. van Rheede van Oudtshoorn. Met talle praatjies, klasaanbiedinge en formele motiveringsessies onder die belt, gaan hulle jou betower met hierdie wenkombinasie, genaamd “Slim*Snaps.”
Bespreek vandag nog!
Bloem Skou
GREAT opleiding sessie van Selfoon Fotografie met Pierre Vee Photography & GP van Oudtshoorn. Ons beveel hulle defnitief aan!
Dankie dat julle julle kennis met ons kom deel het!
Aanbieders:
Pierre
Pierre (ook bekend as Pierre Vee) van Hartbeespoort, is 'n bekroonde fotograaf, wat verskeie internasionale #1 foto's insluit. Sy werk is ook in verskeie media gepubliseer, onder andere die internasionale Foto-tydskrif, "Fine Art Emotions." Hy het 'n diploma in “Advanced Photography” sowel as in Photoshop en Lightroom editing. Pierre bied ook verskeie DSLR fotografieklasse aan, insluitend 'n Beginnersklas tot en met die uiteindelike Meesterklas. In 2019 is Pierre aangewys as die no. 3 fotograaf in die wêreld vir die kategorie “Wedding”, sowel as die no. 5 internasionale fotograaf vir kategorie “Babies & Children” deur die webtuiste Pixoto.com. Vir hom is fotografie meer as net 'n stokperdjie. Dit is 'n kunsvorm. Hy bly nie net op hoogte van die nuutste style en modes nie - hy bestudeer dit! Of dit nou kinder, swangerskap of troufoto's is, Pierre hou daarvan om foto's te redigeer totdat dit soos 'n kunswerk lyk!
​
​
Pierre kan 'n basiese pakket alleen aanbied
wat die selfoon-fotografie klas insluit
Tydsduur: 2 ure
Prys: R 6500,00 *
(Terme & Voorwaardes)
​
G.P.
G.P. (van Potchefstroom) is ‘n internasionale motiveringspreker en besigheidspesialis in korporatiewe kommunikasie wat die wêreld van funksies, veldtogte, opleiding en besigheidsbeplanning en –bestuur met sy positiewe energie opvlam. G.P. het al gehore in meer as 12 lande toegespreek en opgelei in die veld van besigheidsbestuur, hoër onderwys en korporatiewe kommunikasie. Hy is die direkteur van Coppertop Consulting wat ’n wye spektrum dienste bied binne kommunikasie en bemarking en dien ook as direkteur van Agri Voice, wat strategiese dialoog, mediadienste en netwerkontwikkeling in die landbousektor bevorder. Sy interaktiewe, humoristiese en inspirerende aanslag tot sy dienste bemagtig en vermaak nie net sy gehoor nie; dit is aansteeklik en dryf mense tot pragmatiese aksie.
​
G.P. & Pierre kan 'n premium pakket saam aanbied
wat die selfoonfotografie klas, sowel as korporatiewe motivering insluit
Tydsduur: 3 - 4 ure
Prys: R 14 000,00*
(Terme & Voorwaardes)