Beginner Fotografie vir Groepe
Leer jou kamera ken met 'n praktiese Fotografie-klas saam met Pierre Vee - spesiaal vir groepe
INLIGTING:
Beginners Klas
Hierdie klas is spesiaal ontwerp vir groepe van 10 of meer mense. Leer meer van jou kamera en fotografie oor die algemeen! Kom woon 'n ligte en lekker beginners-klas by, wat maklik is om te verstaan vir beide oud en jonk, onderwysers en leerlinge. Kom leer hoe om jou foto's tien keer beter te neem! Die basiese beginsels van elke soort kamera word behandel.
Reël hierdie werkswinkel vir jou fotografieklub, verdeel die onostes, of beplan 'n klas vir jou korporatiewe groep
Sluit in:
- Teorie: Hoe om 'n foto 10X beter te neem
- Prakties: Kom neem 'n model in die buitelug af
- Vrae & antwoorde
- Klas beloop 3 ure
Klasseaanbiedings buite Hartbeespoort beloop ekstra brandstofkoste.
Vir verdere navrae, email my hier: pierrevee1@gmail.com
Of skakel Pierre by 082 731 2925
Wat sê die studente?
Ons het opregte waardering vir die ongelooflike fotografiekursus wat u vir ons skool aangebied het. Die impak van u kennis, vaardighede en entoesiasme vir die kunsvorm het nie net 'n blywende indruk op die leerders gelaat nie, maar ook op die personeel en ouers wat betrokke was. U passie vir fotografie het die leerders, ouers en personeel geïnspireer om hul kreatiewe grense te verken en hul eie unieke stemme deur die lens te vind. Die wyse waarop u die tegnieke en konsepte van fotografie oorgedra het, het 'n omgewing van groei en selfontdekking geskep wat nie net 'n vaardigheid nie, maar ook 'n lewenslange liefde vir kunsvorme bevorder. Nogmaals baie dankie vir u waardevolle bydrae tot die opleiding van ons leerders en die bevordering van kreatiwiteit en selfsuitdrukking. Ons hoop op 'n voortgesette samewerking en die voortsetting van u inspirerende werk in die toekoms. Britse groete.
- Hoërskool Brits
Baie dankie Pierre Vee Photography jy is n uitstekende leermeester!!! Ek kry meer reg as wat ek gedink het is moontlik!!! Ek het lanklaas in my lewe iets so Baie geniet!!!!
-Annelize
Ek het die voorreg gehad om Vrydag 'n 1-1 kursus by Pierre by te woon en 'n pragtige model te kon afneem met 'n golden hour shoot. Wat n ervaring en ek het so baie by Pierre geleer. 'n Mens kan sien aan my foto's hoeveel die moeite werd die kursus was. Pierre Vee Photography te danke aan jou kon ek merkwaardig verbeter deur die flash in die dag te gebruik tot voordeel.
- Johan
Pierre Vee baie baie dankie dat jy jou kennis met my gedeel het, jyt nie net my droom help waar maak nie, maar jyt my geleer om ń inkomste vir myself te genereer! En dis empowerment! En daarvoor is ek opreg dankbaar! Jys ń wonderlike leermeester, met oneindige geduld! Baie baie dankie vir alles!
- Cathrine
Dankie Pierre vir die beste beginners kursus ooit. Jy is so deeglik. Dankie dat ons daar kon wegstap met meer kennis as wat ons daar ingestap het. Sal beslis meer wil leer !
- Julinda
Vrydag het ek 'n paar ure saam Pierre Vee spandeer. Dit was beslis die hoogtepunt van my jaar. Dankie vir jou tyd en jou geduld. Dankie dat ek met so baie kennis kon weg stap na jou klas. Jy is amazing!! 💯‼️
- Lynette
Dankie, Pierre! Dit was 'n fees. Jy het die kuns bemeester om die tegniese inligting eenvoudig te verduidelik en dit maak 'n groot verskil.
- Madie
Dankie dit was absoluut wonderlik!! Mens het soveel om te leer by jou!!!
En daar voel ek soos n million dollar oor my foto’s wat ek kon neem, maar WOW!!! Joune is amazing!!!- Anneke
Jy was die eerste persoon wat in ‘n kort tydjie vir my waardevolle inligting in ‘n verstaanbare vorm kon gee. Ek kan net sê dat ek baie baie by jou geleer het! In jou kort werkswinkels leer ons baie meer as in die lang uitgerekte klasse!!!
- Karin
Ek wil vir jou sê baie dankie vir als wat jy my geleer het. Jy is die beste leermeester ooit... Ek het my kamera al amper 4 jaar en ek gebruik hom nou eers teen sy volle potensiaal... Ek sê vir jou baie dankie ek kan nie vir beter gevra het nie!
- Alta
Ek wil net vir Pierre Vee baie dankie sê vir gister se kursus. Ek het oneindig baie geleer en nog meer geniet. Ek het al verskeie fotografie werkswinkels bygewoon, maar gister se kursus was die beste. Baie, baie dankie. Ek sien uit na 'n volgende opvolg kursus.
- Melody
Baie dankie Pierre! Insiggewend, opvoedkundig en gesellig ",) Ek het dit regtig geniet.
- Amelia
I was fortunate enough to attend Pierre’s Basic Photographic Course. I was a bit sceptic as I thought I knew quite a lot about my camera. How wrong could I have been... Pierre’s course was brilliant. The theory was short, but very informative and then the real attraction was the practical session with the model, with Pierre at your side and having small classes, he attends to everyone and everything and it feels like a one-on-one session. It was absolutely incredible and the experience and knowledge I got in those couple of hours were enormous and invaluable. It was so good, I could not wait to do the Advanced Course and attended the first one available. The Advanced Course was even better than expected! Thank you, Pierre. I now see the whole world in a different way and I am really looking forward to attend more of your workshops.
- Wikus
Ek wil net vir jou baie dankie se vir sondag dit was ongelooflik lekker en baie leersaam. Sal jy my groot asb laat weet as jy die volgende een aanbied?
- Petro
Baie dankie vir ‘n fantastiese kursus Sondag. Ek het onsaglik baie geleer.
- Rene