top of page
Beginners Fotografieklas in jou dorp!

Beginners Fotografieklas in jou dorp!

Leer jou kamera ken met 'n praktiese Fotografie-klas. Enige iemand welkom.

  • INLIGTING:

    DATUMS VIR FOTOGRAFIE KLASSE:

     

    HARTBEESPOORT - Saterdag 7 Desember

    NELSPRUIT - Saterdag 1 Februarie

     

    TYD: Saterdag 10am - 1pm (3 ure Groepsklas)

    ADRES: Sal vir jou geepos word met bewys van betaling

    (Sluit in: Teorie & Prakties)

    AANBIEDERS: Pierre Vee of Deané Jacobs Kühn

     

    Het jy 'n Nikon, Canon of ander DSLR Kamera wat rondlê en nooit gebruik word nie? Het jy 'n duursame kamera, maar neem nog op outomaties af (Groen)? Kom woon 'n ligte en lekker beginners-klas by wat maklik is om te verstaan vir beide oud en jonk. Kom leer hoe om jou foto's tien keer beter te neem! Die basiese beginsels van elke soort kamera word behandel: Shutter speed, F-stop en ISO en waar elke knoppie sit.

    Sluit in:

    - Teorie: Hoe om in Manual af te neem

    - Prakties: Kom neem 'n model in die buitelug af

    - Vrae & antwoorde

    - Klas beloop 3 ure

    - Verdien jou sertifikaat!

     

    Nie geskik vir "mik-en-druk" kameratjies nie.

    Slegs 10 plekke beskikbaar - Bespreek vandag nog!!

     

     

    Kyk na al die pret hier: VIDEO

     

     

    Indien jy nie 'n DSLR Kamera het nie, kan jy een by ons leen vir die dag.

     

    Indien jy enige vrae het, email my hier: pierrevee1@gmail.com of skakel 0827312925

     

     

     

    Die volgende klasse is ook beskikbaar as privaat (one-on-one) Praktiese klasse OF as Aanlyn klasse:

     

    1. Beginners Klas                      Prakties: R2500 / Aanlyn: R699
    2. Gevorderde Klas                   Prakties: R2500 / Aanlyn: R650
    3. Lightroom Editing Klas     Prakties: R2500 / Aanlyn: R597
    4. Wedding Workshop            Prakties: R2500 / Aanlyn: R598
    5. Meesters Klas                       Prakties: R5000 / Aanlyn: R599

     

     

    Bespreek op 'n dag en tyd wat jou pas!

     

     

     

     

     

     

    Wat sê die studente?

     

    Ok, let's be real and totally Honest,Comparing what I knew and what I now Know...I'm speechless to say the least.Thanks to Pierre Vee Photography & Deané Jacobs Kühn I couldn't be more thankful for the patience & kindness they had Durning this beginner's course. I still have a long way to go but at least I had the opportunity to a great start.

    - LD Creations

     

    Baie dankie Pierre Vee Photography jy is n uitstekende leermeester!!! Ek kry meer reg as wat ek gedink het is moontlik!!! Ek het lanklaas in my lewe iets so Baie geniet!!!!

    -Annelize

    Ek het die voorreg gehad om Vrydag 'n 1-1 kursus by Pierre by te woon en 'n pragtige model te kon afneem met 'n golden hour shoot. Wat n ervaring en ek het so baie by Pierre geleer. 'n Mens kan sien aan my foto's hoeveel die moeite werd die kursus was. Pierre Vee Photography te danke aan jou kon ek merkwaardig verbeter deur die flash in die dag te gebruik tot voordeel.

    - Johan

     

    Pierre Vee baie baie dankie dat jy jou kennis met my gedeel het, jyt nie net my droom help waar maak nie, maar jyt my geleer om ń inkomste vir myself te genereer! En dis empowerment! En daarvoor is ek opreg dankbaar! Jys ń wonderlike leermeester, met oneindige geduld! Baie baie dankie vir alles!

    - Cathrine

    Dankie Pierre vir die beste beginners kursus ooit. Jy is so deeglik. Dankie dat ons daar kon wegstap met meer kennis as wat ons daar ingestap het. Sal beslis meer wil leer !

    - Julinda

    Vrydag het ek 'n paar ure saam Pierre Vee spandeer. Dit was beslis die hoogtepunt van my jaar. Dankie vir jou tyd en jou geduld. Dankie dat ek met so baie kennis kon weg stap na jou klas. Jy is amazing!! 💯‼️

    - Lynette

    Dankie, Pierre! Dit was 'n fees. Jy het die kuns bemeester om die tegniese inligting eenvoudig te verduidelik en dit maak 'n groot verskil. 

    - Madie

    Dankie dit was absoluut wonderlik!! Mens het soveel om te leer by jou!!!
    En daar voel ek soos n million dollar oor my foto’s wat ek kon neem, maar WOW!!! Joune is amazing!!!

    - Anneke

    Jy was die eerste persoon wat in ‘n kort tydjie vir my waardevolle inligting in ‘n verstaanbare vorm kon gee. Ek kan net sê dat ek baie baie by jou geleer het! In jou kort werkswinkels leer ons baie meer as in die lang uitgerekte klasse!!!

    - Karin

    Ek wil vir jou sê baie dankie vir als wat jy my geleer het. Jy is die beste leermeester ooit... Ek het my kamera al amper 4 jaar en ek gebruik hom nou eers teen sy volle potensiaal...  Ek sê vir jou baie dankie ek kan nie vir beter gevra het nie!

    - Alta

    Ek wil net vir Pierre Vee baie dankie sê vir gister se kursus. Ek het oneindig baie geleer en nog meer geniet. Ek het al verskeie fotografie werkswinkels bygewoon, maar gister se kursus was die beste. Baie, baie dankie. Ek sien uit na 'n volgende opvolg kursus.

    - Melody

    Ek wil net vir jou baie dankie se vir sondag dit was ongelooflik lekker en baie leersaam. Sal jy my groot asb laat weet as jy die volgende een aanbied?

    - Petro

    Baie dankie vir ‘n fantastiese kursus Sondag.  Ek het onsaglik baie geleer.

    - Rene

R650,00Price
  • Instagram
  • Facebook
bottom of page