Beginners Fotografie Aanlyn-klas
'n Volledige 'online' video-klas om jou te help om jou kamera en al sy funksies beter te verstaan.
Betaal slegs een keer en die video sal onbepaald beskikbaar wees om te kyk, pause en rewind - soveel keer as wat jy wil!
BESKRYWING:
KYK NA DIE INTRO VIDEO HIER:
* Pierre Vee se gewilde Beginners fotografie-klas is uiteindelik beskikbaar op video!!
* Meer as 'n uur se video fotografie-klas wat jy net hier op die webtuiste kan kyk.
(Geen spesiale video-formaat spesifikasies nodig nie!)
* Leer fotografie stap-vir-stap van die heel begin af - vir enige tipe fotografie - mense/diere/landskappe.
* Eenvoudige Afrikaanse taal met baie foto-voorbeelde - op so 'n manier uitgebeeld dat enige iemand dit maklik kan verstaan!
* Verstaan jou Canon, Nikon of ander DSLR kamera se settings - en waar elke knoppie sit!
* Spesiaal vir beginners! Leer hoe om in Manual af te neem -
(Shutter Speed, F-stop & ISO maklik gemaak)
Nie vir mik-en-druk kameratjies nie.
* Jy sal 'n unieke password ontvang met bewys van
betaling, sowel as 'n skakel na die webtuiste waar jy
ter enige tyd na die video sal kan kyk vanaf enige
elektroniese middel / "device" met wifi.
Die video sal beskikbaar wees vir 'n onbeperkte tyd.
Sukkel jy om jou duur kamera te verstaan?
Is die tegniese Engelse-terme van die 'owners-manual' net te moeilik om te verstaan?
Is jy moeg vir jou werk, of is dit tyd vir 'n nuwe beroep?
Of wil jy graag 'n geldjie aan die kantlyn verdien met jou stokperdjie?
As jou antwoord op enige van hierdie vra JA! is, is hierdie video spesiaal vir jou!
Moenie jou duur kamera gebruik soos 'n mik-en-druk deur op outomaties (groen) af te neem nie!
Jou kamera is gemaak vir soveel meer!!
Jy kan jy jouself fotografie leer deur hierdie video te bekom.
Begin jou fotografie-loopbaan!
Jy sal nie spyt wees nie!
Terugvoer van kykers:
Absoluut ‘n MOET om Pierre se klasse te volg. Ek het na by kans 10 jaar wat ek net nie kon regkom met my kamera en fotografering verlede Vrydag Pierre se beginnersklas aangekoop en na twee dae gaan dit 100x beter. Dankie Pierre. Nou vir die volgende stap, die gevorderde klas.
- Johan
Pierre Vee Photography jy het regtig ń baie mooi manier van inligting oordra sodat ons wat beginners is regtig verstaan, so vir dit wil ek persoonlik baie dankie sê. Fotografie laat my vergeet van al die seer en donker en woede en niks verstaan wat in en om my aangaan, en deur jou aanlyn aanbiedinge het ek werklik al baie geleer.
- Nerina
Ek het gister my beginners klas voltooi en dit was verseker alles en meer as wat ek verwag het. Ek verstaan nou soveel beter oor hoe my kamera werk en wat ek met al die funksies kan bereik! Dankie Pierre Vee Photography. Kan nie wag om te begin fotos vas vang nie.
- Tanya
Ek kan dit regtig aanbeveel. Ek is so excited nou en kan nie wag om die volgende klas by te woon. Dit was nou baie goeie inligting en die beste is dit is in Afrikaans! Dankie Pierre.
- Freda
Baie dankie hiervoor, Pierre. Ek het dit baie interessant gevind en ek gaan dit definitief probeer. Ek kan nie wag om te begin foto's neem na hierdie klas nie.
- Jacklyn
Kan dit ten sterkste aanbeveel. Enige iemand kan baat.
- Zelda