top of page
Skryf in vir 'n volledige 6 Maande Fotografie Kursus

Skryf in vir 'n volledige 6 Maande Fotografie Kursus

Privaat (one-on-one) praktiese Fotografie-klasse saam met Pierre Vee

  • INLIGTING:

    Die 6 Maande Fotografie Kursus

    Hierdie Fotografie-kursus bestaan uit 5 praktiese (one-on-one) klasse saam met Pierre Vee wat oor ‘n tydperk van 6 maande gedoen word.

     

    Die klasse bestaan uit:

     

    1. Beginners Klas                             (R2500)

    2. Gevorderde Klas                          (R2500)

    3. Lightroom Editing Klas            (R2500)

    4. Wedding Workshop                   (R2500)

    5. Meesters Klas                              (R5000)

     

    Klasse kan eenmalig betaal word (teen afslag):                  R15 000

    Of Klasse kan afbetaal word oor 6 maande: R2650 x 6 = R15 900

     

    15% Afslag op die totale pakket vir 2 of meer persone wat die kursus saam doen!

     

    Klasse word privaat (one-on-one) gedoen en kan dus op ‘n dag en datum gedoen word wat jou pas!

    (Klasse op Saterdae en Sondae beloop R1000 ekstra)

     

    Klasse word by die studio naby Hartbeespoort (Noordwes) aangebied,

    of by ʼn koffieshop naby jou (Ekstra brandstofkostes betaalbaar)

    Sagteware word ingesluit

     

    Studente verwerf 'n Sertifikaat na afloop van die volledige kursus!

     

    Enkel klasse kan ook gedoen word, in plaas van die volle kursus.

     

     

     

    INDIEN JY BELANGSTEL, SKRYF HIER IN: INSKRYWING

     

     

     

    Indien jy enige vrae het, email my hier: pierrevee1@gmail.com

     

     

     

     

     

     

    Wat sê die studente?

     

    Baie dankie Pierre Vee Photography jy is n uitstekende leermeester!!! Ek kry meer reg as wat ek gedink het is moontlik!!! Ek het lanklaas in my lewe iets so Baie geniet!!!!

    -Annelize

    Ek het die voorreg gehad om Vrydag 'n 1-1 kursus by Pierre by te woon en 'n pragtige model te kon afneem met 'n golden hour shoot. Wat n ervaring en ek het so baie by Pierre geleer. 'n Mens kan sien aan my foto's hoeveel die moeite werd die kursus was. Pierre Vee Photography te danke aan jou kon ek merkwaardig verbeter deur die flash in die dag te gebruik tot voordeel.

    - Johan

     

    Pierre Vee baie baie dankie dat jy jou kennis met my gedeel het, jyt nie net my droom help waar maak nie, maar jyt my geleer om ń inkomste vir myself te genereer! En dis empowerment! En daarvoor is ek opreg dankbaar! Jys ń wonderlike leermeester, met oneindige geduld! Baie baie dankie vir alles!

    - Cathrine

    Dankie Pierre vir die beste beginners kursus ooit. Jy is so deeglik. Dankie dat ons daar kon wegstap met meer kennis as wat ons daar ingestap het. Sal beslis meer wil leer !

    - Julinda

    Vrydag het ek 'n paar ure saam Pierre Vee spandeer. Dit was beslis die hoogtepunt van my jaar. Dankie vir jou tyd en jou geduld. Dankie dat ek met so baie kennis kon weg stap na jou klas. Jy is amazing!! 💯‼️

    - Lynette

    Dankie, Pierre! Dit was 'n fees. Jy het die kuns bemeester om die tegniese inligting eenvoudig te verduidelik en dit maak 'n groot verskil. 

    - Madie

    Dankie dit was absoluut wonderlik!! Mens het soveel om te leer by jou!!!
    En daar voel ek soos n million dollar oor my foto’s wat ek kon neem, maar WOW!!! Joune is amazing!!!

    - Anneke

    Jy was die eerste persoon wat in ‘n kort tydjie vir my waardevolle inligting in ‘n verstaanbare vorm kon gee. Ek kan net sê dat ek baie baie by jou geleer het! In jou kort werkswinkels leer ons baie meer as in die lang uitgerekte klasse!!!

    - Karin

    Ek wil vir jou sê baie dankie vir als wat jy my geleer het. Jy is die beste leermeester ooit... Ek het my kamera al amper 4 jaar en ek gebruik hom nou eers teen sy volle potensiaal...  Ek sê vir jou baie dankie ek kan nie vir beter gevra het nie!

    - Alta

    Ek wil net vir Pierre Vee baie dankie sê vir gister se kursus. Ek het oneindig baie geleer en nog meer geniet. Ek het al verskeie fotografie werkswinkels bygewoon, maar gister se kursus was die beste. Baie, baie dankie. Ek sien uit na 'n volgende opvolg kursus.

    - Melody

    Baie dankie Pierre! Insiggewend, opvoedkundig en gesellig ",) Ek het dit regtig geniet.

    - Amelia

    I was fortunate enough to attend Pierre’s Basic Photographic Course. I was a bit sceptic as I thought I knew quite a lot about my camera. How wrong could I have been... Pierre’s course was brilliant. The theory was short, but very informative and then the real attraction was the practical session with the model, with Pierre at your side and having small classes, he attends to everyone and everything and it feels like a one-on-one session. It was absolutely incredible and the experience and knowledge I got in those couple of hours were enormous and invaluable. It was so good, I could not wait to do the Advanced Course and attended the first one available. The Advanced Course was even better than expected! Thank you, Pierre. I now see the whole world in a different way and I am really looking forward to attend more of your workshops.

    - Wikus

    Ek wil net vir jou baie dankie se vir sondag dit was ongelooflik lekker en baie leersaam. Sal jy my groot asb laat weet as jy die volgende een aanbied?

    - Petro

    Baie dankie vir ‘n fantastiese kursus Sondag.  Ek het onsaglik baie geleer.

    - Rene

R17 100,00 Regular Price
R15 900,00Sale Price
  • Instagram
  • Facebook
bottom of page