Photoshop editing Aanlyn-klas
'n Volledige 'online' video-klas om te sien hoe Pierre Vee in Photoshop edit.
Betaal slegs een keer en die video sal onbepaald beskikbaar wees om te kyk, pause en rewind - soveel keer as wat jy wil!
BESKRYWING:
KYK NA DIE INTRO VIDEO HIER: INFO VIDEO
Hierdie video (van ongeveer 'n uur lank) wys hoe 'n foto super mooi gemaak word vir 'n kliënt in die Photoshop program. Hoewel van die basiese beginsels en funksies van Photoshop verduidelik sal word, sal dit 'n groot aanwins wees vir iemand wat al reeds 'n bietjie vertroud is met die Photoshop program. Spesiaal vir beginners en intermediêre studente.
Eenvoudige Afrikaanse taal word gebruik sodat enige iemand dit maklik kan verstaan!
Ontvang die foto en edit stap-vir-stap saam met Pierre Vee, tot 'n meesterstuk.
* Sluit in:
* 1 x Foto om saam met Pierre Vee te edit
* Hoe om wolke in 'n foto te sit
* Hoe om te "dodge & burn"
* Hoe om kleure te manipuleer
* Hoe om ongewensde objekte te verwyder
* Hoe om foto's mooi skerp te kry
En vele meer!!!
Verwerking met die Photoshop program kan jou fotografie-werk besonders verbeter vir jou kliënte. Die program kan verkry word op die Adobe / Photoshop webtuiste, hier: PHOTOSHOP & LIGHTROOM
Sterkte en geniet die video!
Terugvoer van kykers:
Wow wow dis n moet kry. Kon nie vir beter gevra het nie. Baie baie dankie Pierre.
- Elize
Dankie !!! Hierdie een is 'n moet hê!
- Nerina
Het die klas baie geniet!! Is altyd goed om iets nuuts by te leer of dalk 'n makliker manier te kry om tyd te spaar en Pierre Vee Photography is die beste leermeester.
- TinkaBee Photography